VIER PFOTEN App nun für Iphone/Ipad und Android erhältlich


VIER PFOTEN App Download für
AndroidAndroid

IphoneIphone

Twee Albaniese restaurant-bere vind ‘n tuiste in die Switserse Alpe

2019-02-06

Arosa, 4 Februarie 2019 – Twee sogenaamde restaurant-bere van Albanië is verlede week deur die FOUR PAWS-dierewelsynsorg suksesvol na Switserland verskuif.

 

Die twee 13-jarige bere, wat hul leeftyd tot dusver in ‘n klein dieretuin deurgebring het naby ‘n restaurant, is na die organisasie se Arosa-toevlugsoord vir bere gebring. Meimo en Amelia is deur vyf lande en altesaam 2436km vervoer na hul nuwe tuiste waar hulle in ‘n geskikte omgewing vir bere sal woon.

 

Die eienaar, wat die bere as vermaaklikheid in sy restaurant gebruik het, het onmiddellik die klein kampe waarin die bere aangehou is vernietig nadat hulle (die bere) in FOUR PAWS se besit geneem is.

 

Sluit weens druk uit verskeie oorde

Weens druk van onder meer gaste en toeriste wat die restaurant besoek het, het die eienaar eindelik toegegee en besluit om sy klein dieretuin te sluit. Restaurantgangers het dit duidelik gemaak dat die toestande waarin die bere aangehou word nie geskik vir hulle is nie. Dit is ook nie duidelik of die eienaar ooit die nodige permitte gehad het om ‘n dieretuin te bestuur nie.

 

Uitdagende verskuiwing

Die twee bere is deur ‘n span van FOUR PAWS-werknemers en verteenwoordigers van die Arosa-toevlugsoord op 29 Januarie op die lang reis na Switserland vergesel. Hulle moes eers gesedeer word sodat hulle die nodige mediese ondersoeke kon ondergaan en opgelaai word. Nadat hulle uit sedasie wakker geword het, het die reis begin: Eers van Albanië tot Griekeland via Masedonië, toe met ‘n pont tot in Italië en daarvandaan na Switserland.

 

Die verskuiwing het op baie kort kennis plaasgevind weens die skielike besluit om die dieretuin te sluit en van die diere ontslae te raak. “Een van die grootste uitdagings was om die diere veilig in Switserland te kry weens al die sneeu – veral by die toevlugsoord. Ons is bly dat alles glad verloop en die verskuiwing suksesvol was,” sê Carsten Hertwig, beerkenner by FOUR PAWS.

 

Amelia en Meimo het sommer dadelik van hul nuwe tuiste gehou, sê Hertwig.

 

Wat gebeur volgende?

Die span by Arosa is optimisties dat die nuwelinge eersdaags sal hiberneer. Hans Schmid, wetenskaplike direkteur, sê die hoeveel kos wat die bere gevoer word sal in die eerste paar dae verminder word en daartoe lei dat die bere natuurlik in hibernasie gaan.

Wanneer dit weer somer is, hoop FOUR PAWS dat die bere gesosialeer kan word.

Behoorlike aanhouding van diere in dieretuine

“FOUR PAWS se seining is dat dieretuine moet toesien dat diere in goeie aanhoudingstoestand vir elke betrokke spesie op ‘n permanente basis kan leef – dit sluit in verantwoordelike getalle en bestuur daarvan,” sê Fiona Miles, direkteur van FOUR PAWS in Suid-Afrika.

 

“Nie net moet die diere in behoorlike toestande leef nie, maar die relevante regulasies moet in plek wees en gepolisieer word om te versker dat daar nie leemtes is nie. Hierdie toespanning moet nie net oorsee geld nie, maar ook Suid-Afrika – waar ons alle dieretuine aanmoedig om te sorg dat hul diere in waardige toestande aangehou en goed versorg word,” sê Miles.

 

--- Einde ---

Issued by: MJ Lourens – Four Paws South Africa: Head of Communication
Direct queries/interview requests to: mj.lourens@four-paws.org.za 
Issued on behalf of: Fiona Miles – Four Paws South Africa: Country Director



© FOUR PAWS

print