VIER PFOTEN App nun für Iphone/Ipad und Android erhältlich


VIER PFOTEN App Download für
AndroidAndroid

IphoneIphone

Dieretuin-eienaar in Gaza beplan om nóg twee leeus se kloue te amputeer

2019-03-07

Dieretuin-eienaar in Gaza beplan om nóg twee leeus se kloue te amputeer

Help FOUR PAWS deur hier 'n skenking te maak. 

Kaapstad, 5.3.2019 – Die Rafah-dieretuin in Gaza beplan om voort te gaan met die amputasie van nog twee leeus se kloue sodat besoekers met hierdie diere kan speel. FOUR PAWS verneem die eienaar van die dieretuin sê die pynvolle operasies sal voortgaan – sonder ‘n veearts indien dit nodig is. Dié dieremishandeling word voortgesit ten spyte van ’n reuse-veldtog deur die internasionale dierewelsynsorganisasie wat eis dat die dieretuin gesluit en die diere na sy suster-toevlugsoorde hervestig word.  

 

Sowat 125 000 mense het reeds die petisie onderteken wat daarop aandring dat die meer as 40 diere uit die “dieretuin van verdriet” gered moet word uit die ellendige toestande waarin hulle aangehou word.

 

 Die twee leeus staar dieselfde lot in die gesig as hul verminkte suster – wie se kloue met ‘n snoeiskêr afgesit is. FOUR PAWS het dadelik die owerhede gevra om in te gryp voordat dit te laat is.

 

In ’n video wat onlangs gepubliseer is, het die eienaar van die dieretuin bevestig dat hy die operasie sommer self sal uitvoer indien ‘n veearts nie beskikbaar is nie. Hy maak ook daarop aanspraak dat hy ‘n vos se been met ‘n sirkelsaag geamputeer het.

 

“Die uitsprake van die eienaar is very die punt van gruwelik. Dit is duidelik dat daar geen bewustheid is van wat geskikte omstandighede vir diere se welvaart is nie. Sy vorige en beplande prosedures is niks anders as nie as wrede verminking van die diere – wat vir die res van hul lewens hieronder sal ly. Ons is gereed om enige tyd van nou af die diere te red indien die eienaar en owerhede instem om die dieretuin te sluit,” sê die FOUR PAWS-veearts dr. Amir Khalil, wie gevorderde ervaring het met reddingspogings, insluitend Gaza in 2014 en 2016.

 

Meer as 125 000 mense ondersteun sluiting van Rafah-dieretuin

Sowat 125 000 mense het ‘n petisie deur FOUR PAWS onderteken wat vra dat die dieretuin gesluit word. Vier leeuwelpies het in middle-Januarie doodgevries by die dieretuin wat hoofopskrifte regoor die wêreld veroorsaak het. Enkele weke daarná het foto’s van die verminkte leeuwyfie opgeduik. Dis ook duidelik dat die aanhoutoestande haglik is end at ‘n tekort aan kos en mediese sorg hul merk op die diere in Rafah-dieretuin gelaat het.

 

FOUR PAWS moedig Suid-Afrikaners aan om hul stem by te voeg tot die veldtog wat tot die sluiting van die dieretuin kan lei.

 

“Dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid om te verseker dat die mishandeling ophou en dat die diere gered word van die lot wat op hul wag. Wanneer mense byeenkom vir diere, word ons die stemme vir hulle wat nie kan praat nie – soos in die geval van die Gaza-diere se hulpkreet,” sê Fiona Miles, direkteur van FOUR PAWS in Suid-Afrika.

 

Meer as 40 diere ly

Daar is tans meer as 40 diere, insluitend leeus, apies, wolwe, katte en honed, wat in klein hokkies by die dieretuin aangehou word. Die dieretuin, wat in 1999 sy deure oopgemaak het, is op die Egiptiese grens en wilde diere word gereeld in ondergrondse tonnels gesmokkel na en van Gaza. Talle diere het reeds gesterf weens oorloë en vuurpylaanvalle.

 

FOUR PAWS: Talle reddings in Gaza

FOUR PAWS is sedert 2014 aktief in Gaza en het reeds twee dieretuine – Al-Bisan en Khan Younis – se deure in die gebied gesluit. Diere wat gered is, is na FOUR PAWS-toevlugsoorde oor die wêreld heen gebring.

 

Die dieretuin in Rafah is welbekend: Die eienaar het in 2015 twee leeuwelpies – Max en Mona – aan ‘n plaaslike inwoner verkoop wie dit as geskenke aan sy kleinkinders gegee het. Foto’s van die twee leeus in ‘n vlugtelingkamp het wêreldwyd opskudding veroorsaak waarná FOUR PAWS ingegryp en die diere na sy Jordan-toevlugsoord gebring het.

 

Maak ‘n verskil: Teken die petisie hier




© FOUR PAWS


© FOUR PAWS

print